Hierdie produk bevat die hele kwartaal 3 se werk vir PSW (slegs Persoonlike Sosale Welstand – ons sluit nie die Sport en Kuns en Kultuur in nie).
- Hoofstuk 14 – Kulturele en morele lesse
- Hoofstuk 15 – Godsdienste in Suid-Afrika
- Hoofstuk 16 – Gevare in en om die water
Elke hoofstuk bevat die sleutelwoorde met bypassende prente/fotos.
Die hele pakket sluit in:
- Inhoudsopgawe vir die kwartaal se werk
- Sleutelwoorde op aparte bladsye
- Breinkaart op een bladsy vir die kwartaal se werk.
- Elke onderwerp apart opgesom met sleutelwoorde (met prentjies), meer detail sowel as ‘n opsomming in tabel vorm van die Godsdienste van Suid-Afrika.
- Daar is ‘n aparte dokument met werksvelle sowel as toepaslike Memorandums beskikbaar.
Wat het verander?
- Sleutelwoorde is nou in kleure gekodeer volgens die verskillende hoofstukke.
- Uitbreiding van die eenhede bevat nou prentjies vir die sleutelwoorde.
- Aparte werkskaarte wat leerlinge kan voltooi ter voorbereiding van die eksamen.
- Die vrae en antwoorde afdeling is met die werkskaarte vervang waarop leerders nou kan invul en teken.