Hierdie produk is in aflaaibare, uitdrukbare PDF formaat. Dit is gebasseer op die Platinum handboeke en bevat die volgende inligting:
Vervoer deur die eeue heen:
- Eenheid 1 – Vervoer op land – Diere
- Eenheid 2 – Vervoer op land – die wiel en die karretjie
- Eenhied 3 – Vervoer op land – waens en koetse
- Eenheid 4 – Vervoer op land – die fiets
- Eenheid 5 – Vervoer op land – die stoomenjin en die trein
- Eenheid 6 – Vervoer op land – die motorkar
- Eenheid 7 – Algemene vorms van vervoer van mense en goedere op land vandag
- Eenheid 8 – Vervoer op water
- Eenheid 9 – Vervoer in die lug
Wat is deel van die pakket?
- Inhoudsopgawe van die kwartaal
- Breinkaart wat die hele kwartaal se inligting bevat op een vel papier
- Nuwe woorde – op een bladsy, ingedeel per studie-eenheid
- Elke eenheid omvattend uiteengesit met kleure, prente en foto’s. Nuwe woorde word ook uitgebeeld in die vorm van ‘n foto of prent.
- Oefenvelle met memo’s van die kwartaal se werk
Die werk is so saamgestel dat dit beide die linker- en regterbrein betrek deur middel van kleure en prente. Inligting word herhaal op verskillende maniere sodat die leerder nie verveeld raak met die inhoud nie.